Mosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.


Restaurante in die Mosselbaai-omgewing. Geen vakansie, geen sakereis – geen lewe! – is afgerond sonder ‘n heerlike maaltyd nie.
Wees verseker daar is uitstekende eetplekke in Mosselbaai.

Geniet tydsaam ‘n smaaklike ete, asemrowende uitsigte, die geruis van die branders en die reuk van die see. Ons dorp beskik oor ‘n buitengewone aantal baaskokke, wat ‘n groot verskeidenheid toprestaurante beteken!

En net soos die dorp, vind ons restaurante ook groot byval.
Elegante eetplekke, gesinsrestaurante, kroegetes, kitskos – daar is Geen Kommer wanneer ‘n eetplek in Mosselbaai gekies word nie.