Mosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.


InligtingsentrumMosselbaai Toerisme se inligtingsentrum op die hoek van Mark- en Kerkstraat (in die sentrale sakegebied) bied padkaarte, brosjures en algemene inligting, asook toeristehulp en hulp met besprekings vir verblyf en avontuur.
Mosselbaai-toerisme
Telefoon +27(0)44 691 2202
Faks +27(0)44 690 3077
URL www.visitmosselbay.co.za
E-pos
GPS Koördinate 34º 10.876 Suid; 22o 8.578 Oos

Taal

Feitlik almal in Mosselbaai praat Engels – hoewel ons huistale ook Afrikaans en Xhosa insluit

Mosselbaai-toerisme kan vertaal- en tolkdienste reël – skakel asseblief

+27(0)44 691 2202

e-pos admin@visitmosselbay.co.za

Plekke van aanbidding

Kliek hier om n lys plekke vir Christen-, Joodse en Moslemaanbidding in of naby Mosselbaai af te laai
Dis ‘n .pdf 85 kb

Saffas & Seffricanismes

  • SAFFAS = Suid-Afrikaners (volgens die Amerikaners)
  • SEFFRICANS = Suid-Afrikaners (volgens ons).
  • SEFFRICANISMS = Die lekker woorde wat ons in algemene spreektaal gebruik.
  • MZANSI = Suid-Afrika (troetelnaam)
  • LEKKER = Lekker, goed, genotvol, pret (van die Afrikaans vir lekkergoed).
  • BILTONG = Gedroogte repies vleis wat gesout en gepekel is.
  • BRAAI = Vleisbraai (maar lekkerder as die gewone ‘barbecue’). Seffricans het nooit ‘n verskoning nodig om saam met vriende (oud en nuut) en familie te braai nie.
  • BOEREWORS = Die lekker wors wat ons saam met skaaptjops en beeshaas by ons braai’s geniet.
  • SNOEK = ‘n Heerlike Suid-Afrikaanse vis wat ook dikwels gebraai word.
  • BUTTERNUT (Botterskorsie) = ‘n Geel pampoengroente wat ten beste – jy het reg geraai – gebraai word.
  • BOEREKOS = Tradisionele Afrikaanse kookkuns.
  • DORP = ‘n Klein dorpie op die platteland.
  • PLATTELAND = Landelike gebiede (letterlik “plat aarde” – die woord verwys na die wye oop ruimtes in die hartland van Suid-Afrika).
  • FYNBOS = Cape Macchia. ‘n Versamelnaam vir al die plante van die Kaapse blommekoninkryk – die kleinste van die wêreld se ses blommekoninkryke en die enigste een wat binne die grense van een land val. Fynbos groei langs die Suid-Afrikaanse kus vanaf Vanrhynsdorp in die Weste en Grahamstad in die Ooste. Dit is besonder ryk in die omgewing van Mosselbaai.
  • KLOOF = ‘n Diep gaping tussen koppe of berge.
  • ROOIBOS = ‘n Suid-Afrikaanse kruietee. Dit is kafeïenvry en is na bewering baie gesond. Dis boonop lekker. Probeer dit saam met tuisgebakte beskuit.
  • SHEBEEN = ‘n Kroeg.
  • SANGOMA = ‘n Tradisionele geneser of shaman.
  • SAN = Die Boesmans wat in vervloë dae heelwat van die Wes-Kaap bewoon het.
  • TOWNSHIP = Tydens die apartheidstyd was dit ‘n slaapvoorstad wat vir nie-blankes gereserveer was. Vandag beskryf dit enige blikkiesdorp of stedelike gebied wat deur die armstes bewoon word.
  • VELD = Letterlik die grasvelde van die binneland, maar word nou gebruik om feitlik enige wildernisgebied behalwe ‘n woud te beskryf.
  • EISH! = ‘n Uitroep wat gebruik word om derduisende emosies uit te druk. Eish! (dis lekker); Eish! (dis seer); Eish! (hy/sy is pragtig); Eish! (dit smaak lekker), ens.
  • YEBO! = Ja!… En net soos eish!, kan yebo! gebruik word vir talle emosies…
  • GOOI = hou, reël.
  • RUGBY = Weet jy nie wat rugby is nie? Vra ‘n Seffrican om ‘n braai te gooi en wanneer die kole lekker warm is en die bier lekker koud, vra hom dan oor sy gunstelingrugbyspan. Jy hoef heeldag niks meer te sê nie…
  • VUVUZELA = Die plastiekhoring wat ons graag blaas terwyl ons sokker kyk – sokker is die land se grootste sport.
  • SPRINGBOKS = Ons nasionale rugbyspan (vernoem na ‘n vlugvoetige inheemse boksoort).
  • BAFANA BAFANA = Ons nasionale sokkerspan (uit Zoeloe en Xhosa vir “jong mans”).
  • PROTEAS = Ons nasionale krieketspan (vernoem na die beroemdste van die fynbosblomme).
  • N’CA! (word nn-tsaaa! uitgespreek) = Aangenaam. Baie soos ‘lekker.’ Seffricans en Seffricanismes is ncha!

Laai ‘n .pdf-weergawe van ons inligtingsbrosjure van 100 bladsye hier af- of kom haal ‘n afskrif by ons kantoor op die hoek van Mark- en Kerkstraat, Mosselbaai