Mosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.


Mosselbaai is bekend vir sy goeie weer – perfek om ons strande en die buitelewe te geniet.

Gemiddelde temperatuur:

  • Somer (September – April).
    Dag: 26° C
    Nag: 12° C
    Kleredrag: Dra ligte klere, ‘n hoed en sonblok.
  • Winter (Mei – Augustus)
    Dag: 19° C
    Nig: 8° C
    Kleredrag: Dra ligte klere bedags; saans en wanneer dit af en toe koud is, het u ‘n trui of jas nodig. Ryp is skaars en sneeu is nog nooit in Mosselbaai aangeteken nie, hoewel die bergpieke van die Outeniquaberge, 60 km noord van die dorp, soms tekens van sneeu toon.

Sonskyn en reën:
320 sonnige dae per jaar. Dit reën meestal snags en meestal gedurende die somer. In 1992 het die Guinness Book of Records gerapporteer dat Mosselbaai tweede op die lys plekke met die mees gematigde klimaat in die wêreld is (die mees gematigde was ‘n dorpie in Hawaii).

Laai ‘n .pdf-weergawe van ons inligtingsbrosjure van 100 bladsye hier af – of kom haal ‘n afskrif by ons kantoor op die hoek van Mark- en Kerkstraat, Mosselbaai