Mosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.


Besigheidsure

Besighede (sonder kosverskaffing):
Maandag – Vrydag: 8:00 – 6:00
Saterdag: 8:30 – 1:00
Supermarkte en kosvoorsieningswinkels:
Maandag – Vrydag: 8:30 – 5:00
Saterdag: 8:00 – 6:00
Sondag: 8:30 – 1:00
Restaurante:
Maandag – Sondag: Daagliks tot 10:00 nm.
Geldsake

* BANKDIENSTE EN BUREAUX DE CHANGE
Al die groot handelsbanke van Suid-Afrika het takke in Mosselbaai met geriewe vir buitelandse valuta.

Strategies geleë OTM’s (outomatiese tellermasjiene) wat erkende bank- en kredietkaarte aanvaar, is buite die takke asook in die groot winkelsentrums geleë. Hierdie diens is 24-uur per dag, 365 dae per jaar beskikbaar.

Ongelukkig het Mosselbaai nie ‘n onafhanklike bureau de change nie.

* BANKTYE
Maandag – Vrydag: 9:00 – 3:30
Saterdag: 8:30 – 11:00
Daar is banke met langer werksure – doen asseblief navraag by individuele takke.

* FOOITJIES
Om fooitjies te gee, is algemeen en word as gebruiklik aanvaar – maar u behoort ‘n fooitjie te gee slegs indien u reken u het uitsonderlike diens gekry. Fooitjies aan kelners en taxibestuurders 10 – 15%; fooitjies aan hotelportiers R2,00 per koffer. Dit is nie verpligtend om parkeerbeamptes ‘n fooitjie te gee nie, maar indien u wil, is R5,00 die standaard.

Inligtingskantoor

Mosselbaai Toerisme se inligtingsentrum op die hoek van Mark- en Kerkstraat (in die sentrale sakegebied) verskaf padkaarte, brosjures en algemene inligting asook toeristehulp en hulp met besprekings vir verblyf en avontuur.

Mosselbaai Toerisme
Telefoon +27(0)44 691 2202
Faks +27(0)44 690 3077
URL www.visitmosselbay.co.za
E-pos
GPS Koördinate 34° 10.876 Suid; 22° 8.578 Oos
Laai ‘n .pdf-weergawe van ons inligtingsbrosjure van 100 bladsye hier af – of kom haal ‘n afskrif by ons kantoor op die hoek van Mark- en Kerkstraat, Mosselbaai