Mosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.


Mosselbaai spog met ‘n lae misdaadsyfer. Dit is een van die veiligste dorpe in Suid-Afrika – maar soos met enigiets anders in die lewe, is dit beter om redelike voorsorgmaatreëls te tref om u en u besittings te beskerm. Hier is ‘n paar wenke: * Luister na die plaaslike inwoners – veral oor waarheen om na donker te gaan
* Moenie alleen op verlate plekke en by eensame uitkykpunte kuier nie
* Moenie groot kontantbedrae saamdra nie en maak seker u handsakke en kameras het stewige bande
* Moenie toelaat dat vreemdelinge u by banktellermasjiene (OTMs) help nie – indien u onseker is oor wat om te doen, vra hulp in die bank of van u gasheer of die bestuurder van u gastehuis
* Moet asseblief nie geld aan kinders of bedelaars op straat gee nie. Indien u graag wil help, voorsien eerder kos of klere of kontak een van die plaaslike diensklubs indien u ‘n kontantbydrae wil maak.
* Sluit die deure wanneer u motor onbewaak is, en parkeer snags in goedbeligte gebiede.
* Veiligheidsnommers:

  •   10111 – Polisie (Nasionale nommer)
  •   +27(0)44 691 2222 – Mosselbaai Polisiestasie
  •   10177 – Ambulans (Nasionale nommer)
  •   +27(0)44 691 1911 – Private Ambulansdiens
  •   +27(0)44 691 2202 – Mosselbaai Toerisme (slegs kantoorure)

Inligtingskantoor

Mosselbaai Toerisme se inligtingsentrum op die hoek van Mark- en Kerkstraat (in die sentrale sakegebied) verskaf padkaarte, brosjures en algemene inligting asook toeristehulp en hulp met besprekings vir verblyf en avontuur.

Mosselbaai Toerisme
Telefoon +27(0)44 691 2202
Faks +27(0)44 690 3077
URL www.visitmosselbay.co.za
E-pos:
GPS Koördinate 34° 10.876 Suid; 22° 8.578 Oos
Laai ‘n .pdf-weergawe van ons inligtingsbrosjure van 100 bladsye hier af – of kom haal ‘n afskrif by ons kantoor op die hoek van Mark- en Kerkstraat, Mosselbaai