Mosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.
Mosselbaai is mooi – en die tuiste van sommige van die skaarsste fynbossoorte (Cape macchia) in die hele Kaapse blommekoninkryk. Dit is ook ‘n gunsteling oorblyplek vir migrerende walvisse gedurende die paar- en kalfseisoen (Mei – Oktober). Die vermenging van fynbos en habitat wat die berg, kuslyn, aangeplante grasveld, riviere en diepsee bied, maak die streek die ideale tuiste vir baie wilde diere en meer as 200 voëlspesies.
U sal hierdie skoonheid wil verken. U sal vind dat wild-, walvis-, dolfyn- en voëlkyk – of bloot net sit en die rykdom van die natuur bewonder – u baie gou in die Mosselbaai-patroon van Geen Haas, Geen Kommer sal vasvang.















Loading...