Mosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.


Mosselbaai bied ‘n volledige spektrum verblyfondernemings en u sal ‘n aangename plek kry om te bly wat ook u sak sal pas.Kampeerterreine en woonwaparke; bekostigbare bed-en-ontbytplekke en luukse oorde en hotelle is beskikbaar in Mosselbaai en omgewing.

Vir die kampeerder of die vakansieganger wat in Mosselbaai wil vakansie hou, hetsy in ‘n hotel, gastehuis of woonwa, is daar ‘n keuse van verblyf met seeuitsig.

Dus: Raak tuis in Mosselbaai. Ontspan – en slaap rustig.

WAAR OM TE BLY – DIE NASIONALE GRADERINGSKEMA

Die Nasionale Stergraderingskema is u waarborg dat ‘n onderneming vrywillig ingestem het om sekere geriewe te verskaf en om ‘n ooreengekome minimum standaard diens te lewer. Aanvanklik is slegs verblyfondernemings gegradeer, maar die skema word tans uitgebrei om restaurante, toeriste-aantreklikhede en konferensiefasiliteite in te sluit.

Aanvaarbaar
Goed
Baie goed
Voortreflik
Uitsonderlik

Meer inligting by www.southafrica.net of van Mosselbaai-Toerisme