Toerisme Mosselbaai verskaf inligting, hulp met navrae oor huisvesting en besonderhede oor toeriste-aantreklikhede en aktiwiteite. Besoek ons kantore, in die middel van die sentrale sakegebied, op die hoek van Kerk- en Markstraat (naby die hawe).
Ons kantore is gedurende die week vanaf 8:00 vm. tot 6:00 nm. en op Saterdae en Sondae vanaf 9:00 vm. tot 4:00 nm. oop.
Laai ‘n .pdf-weergawe van ons inligtingsbrosjure van 100 bladsye hier af- of kom haal ‘n afskrif by ons kantoor op die hoek van Mark- en Kerkstraat, Mosselbaai.