Mosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.
Mosselbaai is die ideale vakansiebestemming vir gesinne.
Mosselbaai is die ideale vakansiebestemming vir gesinne.
Mosselbaai se jaarlikse blommeskou – wat hierdie jaar van 14 tot 16 Oktober plaasvind – is beide ‘n oproerigheid van kleur en ‘n uitbundige viering van die land se blomme-erfenis.
Alhoewel die skou slegs in sy vyfde jaar is, het dit al reeds ietwat van ‘n tradisie vir sy onthaalplek, die Dias-museumkompleks, en Mosselbaai geword.
“Elke jaar word die museumgeboue met ‘n massa blomme omskep, en mense kom van oral om dit te sien,” sê organiseerder Anneline Schoeman.
Die ou graanskuur (Granary) – wat as die Dias-museumkompleks se ingangsgebou dien – sal met tussen drie- en vierduisend rose gevul wees, en die eksotiese en inheemse blomme sal in die maritieme museum uitgestal word,” sê sy.
“Ons hoop om mense van regoor die Tuinroete en Klein-Karoo te kry om vir die verskillende kompetisies in te skryf.” Kategorieë op skou sal verskillende klasse van rose, eksotiese snyblomme, struike, kruie, orgideë, bonsais, potplante en bolle, en natuurlik inheemse plante insluit.
“Hierdie jaar het ons ook vir die eerste keer ‘n fotokompetisie, en ons sal foto’s van blomme of tuintonele aanvaar,” sê Me. Schoeman.
Inskrywings in alle …
Tags: Blommeskou, dias museum, mosselbaai
Toerisme Mosselbaai verskaf inligting, hulp met navrae oor huisvesting en besonderhede oor toeriste-aantreklikhede en aktiwiteite. Besoek ons kantore, in die middel van die sentrale sakegebied, op die hoek van Kerk- en Markstraat (naby die hawe).
Ons kantore is gedurende die week vanaf 8:00 vm. tot 6:00 nm. en op Saterdae en Sondae vanaf 9:00 vm. tot 4:00 nm. oop.
hv Mark- & Kerkstraat, Sentrale Sakegebied
Posbus 1556, Mosselbaai, 6500
Tel: +27(0)44-691-2202
Faks: +27(0)44-690-3077
E-pos: admin@visitmosselbay.co.za
Laai ‘n .pdf-weergawe van ons inligtingsbrosjure van 100 bladsye hier af- of kom haal ‘n afskrif by ons kantoor op die hoek van Mark- en Kerkstraat, Mosselbaai.
Kliek hier om ‘n lys plekke van aanbidding vir Christene, Jode en Moslems in of naby Mosselbaai af te laai.
In ‘n .pdf 85 kb formaat
Loading...












