Mosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.
Speel in MosselbaaiMosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.
Daar is soveel te doen in Mosselbaai, maar daar is baie tyd. Dus – Geen Haas, Geen Kommer.
Die pragtige strande lok baie mense na Mosselbaai, maar almal bly dan vir die aantreklikhede en aktiwiteite, vermaak, museums, kultuur, kuns en handwerk, en natuurlik inkopies.
Strande
‘n Groot verskeidenheid strande waarvan sommige tot 24 kilometer lank is. Mosselbaai is geleë aan die Suid-Kaapse kus langs die Tuinroete, met kilometers sandstrande en ongerepte gebiede wat wag om verken te word.
Kliek om te sien
Gholf
Die Mosselbaai Gholfklub bied u die geleentheid om die see vanaf elke setperk te sien. Slegs ‘n uur se reis uit die middedorp lê van die mooiste gholfbane in Afrika – insluitende Fancourt, waar die Presidentsbeker in 2003 aangebied is.
Kliek om te sien
Avonture
Loop u gestel op adrenalien? Geen probleem nie – want Mosselbaai is die bestemming vir buitelugmense. Seil, 4×4-roetes, kwadfietsry, staptogte, rekspring, brugswaaie, bergfietsry, staptoere (ook begeleide staproetes) … die lys is nimmereindigend…
Kliek om te sien
Walvisbesigtiging
Alle suidelike noorkappers stem saam: Die baai van Mosselbaai het die regte kombinasie van diepte en skuiling vir romanse en om veilig en maklik te kalf. Daarom stem almal saam – Mosselbaai is die perfekte plek vir walviskyk (veral gedurende die walvisseisoen – Mei tot Oktober).
Kliek om te sien
Museums & Kultuur
Die eerste mense uit Europa het in Mosselbaai op Suid-Afrikaanse bodem aan wal gestap en baie uitstallings in die Dias-museumkompleks word gewy aan die samekoms van kulture wat deur die eeue heen steeds hier plaasvind. Daar is ‘n uitstekende skulpmuseum, ‘n Braille-wandelpad, ‘n etnies-botaniese tuin, die beroemde Posboom, kunsuitstallings …
Kliek om te sien
Kuns & handwerk
Die skoonheid en rustige atmosfeer van Mosselbaai bied aan honderde kunstenaars en handwerkers die inspirasie wat hulle nodig het om skeppende werk te lewer. Om hulle te vind – en in hulle galerye, winkels en ateljees te ontmoet – is deel van die pret.
Kliek om te sien
Inkopies
‘n Wye verskeidenheid boetieks, familiebesighede en groot nasionale winkels .
Kliek om te sien
Vermaak
Die enigste casino in Suid-Kaap; ‘n gewilde teater; jaarlikse gebeure (blomskoue in September, die Mosselbaaise ‘Pro-Am’-gholftoernooi in September, gereelde motorfietssaamtrekke, seilboot-regattas)… U tyd in Mosselbaai is nooit lank genoeg om alles in te pas nie…
Kliek om te sien















Loading...