Mosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.


GEORGE – MOSSELBAAI – GEORGE: DIE MUSEUM-TOT-MUSEUM TOER

Die Outeniqua Choo-Tjoe stoomtrein is een van Afrika se groot ervarings – dis ‘n heel besondere uitstappie. Begin met ‘n wandeling in die Outeniqua-vervoermuseum in George en ontdek seldsaamhede soos die trein waarin President Paul Kruger die sake van die Transvaalse Republiek teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog bedryf het; besigtig die veteraan motors en ongewone trokke asook die Wittrein (waarmee die Britse Koningshuis Suid-Afrika in die vroeë 50′s deurreis het). Gaan dan aan boord van die trein (net eersteklas) en met die blaas van die fluitjie- weg is jy! Geniet die brugkruisings oor die Malgate- en Gwaiingrivier, die plase buite George met die Outeniquaberge in die agtergrond en dan daardie wonderlike uitsig oor Glentana en die Indiese Oseaan. Nadat u deur die enigste tonnel op die roete is, word u begroet met ‘n asemrowende uitsig oor Mosselbaai tot by die Kaap St. Blaize-vuurtoring. Moet egter nie vergeet om op die uitkyk te wees vir spelende walvisse en dolfyne nie. U reis neem u verder oor die Groot en Klein Brakrivierstrandmeer, deur ‘n fynbosreservaat, by Hartenbos verby en deur Voorbaai-spoorwerf ( die grootste stoomlokomotief-instandhoudingswerkswinkel in die land, met verroeste rompe en uitgediende waens met stories en dramas van vervloë dae.) Dan verby Mosselbaai se Langeberg-winkelkompleks, met borrelende stoom en blasende fluitjie, geniet die laaste entjie die dorp in. Die uitsig na links is oor die see, strande en Mosselbaai se beroemde woonwaparke. Ons stop by Dias Museumstasie in ‘n rustige atmosfeer.
Verken nou die Dias-museumkompleks se Maritieme Museum met die replika van Bartolomeus Dias se karveel, besoek die Skulpmuseum en die Brialle-wandelpad en die beroemde Posboom. Daarna het u ‘n keuse om die verskeie restaurante in die omliggende sakegebied te besoek vir middagete alvorens u om 14:15 terugkeer na George.

DAE IN BEDRYF

  • 2 April 2007 tot 31 Augustus 2007 – Maandae, Woensdae & Vrydae
  • 3 September 2007 tot 30 April 2008 – Dagliks behalwe Sondae & Kersdag
  • LET WEL: Diesel- mag Stoomlokomotiewe vervang op dae met hoë brandrisiko

STASIES
GEORGE: Treine kom aan by en vertrek vanaf die Outeniqua-vervoermuseum, Missionstraat 2 (van Knysna-pad af), George

MOSSELBAAI: Treine kom aan by & vertrek vanaf die Dias-museum, Santos-strand

DIESELLOKOMOTIEWE
Omdat die treinspoor deur ‘n ekologies sensitiewe gebied loop, met aansienlike risiko vir veldbrande, kan die Outeniqua Choo-Tjoe-stoomtrein van tyd tot tyd gedwing word om deur diesellokomotiewe getrek te word. Om hierdie rede het die Transnet-Erfenisstigting met die owerhede (Plaaslike Rampbestuur, Kaapse Natuurbewaring, Suid-Afrikaanse Nasionale Parke en MTO ['n bewaring- en bosbou-organisasie]) ooreengekom dat stoomkrag met antieke diesellokomotiewe vervang word op dae wanneer die brandgevaarindeks (BGI) 52 oorskry. Die BGI hang af van faktore soos wind en reënval aangeteken gedurende die voorafgaande dae. Reënvoorspellings word nie in aanmerking geneem nie, dus kan dit gebeur dat die trein in gietende reën met dieselkrag loop – veral na ‘n lang tydperk van droogte. Let ook daarop dat stoomlokomotiewe ‘n maksimum van vyf waens op hierdie spoor kan trek en by uitsonderlike geleenthede (wanneer aanvraag vereis dat ‘n bykomende wa by die trein gevoeg word) kan dit nodig word om diesellokomotiewe te gebruik

ROOSTER
April 2007 tot Augustus 2007 – Maandae, Woensdae & Vrydae
September 2007 tot April 2008 – Daagliks behalwe Sondae & Kersdag

MOSSELBAAI/ GEORGE/ MOSSELBAAI

STASIE AANKOMS VERTREK
George 10h00
Grootbrak 11h13
Kleinbrak 11h34 (geen stop)
Hartenbos 11h45 11h47
Mosselbaai 12h00 14h15
STASIE AANKOMS VERTREK
George 14h00
Grootbrak 15h06
Kleinbrak 15h37 (geen stop)
Hartenbos 15h50 15h52
Mosselbaai 16h15

Voorafbesprekings noodsaaklik – bespreek verkieslik 24 uur vooruit
MEER INLIGTING & BESPREKINGS
Mosselbaai-toerisme
+27(0)44 691 2202
info@visitmosselbay.co.za

ANDER AANTREKLIKHEDE
BESOEK DIE OUTENIQUA-VERVOERMUSEUM OP GEORGE
Verskeie stoomlokomotiewe, antieke treinwaens, antieke motors en ander vervoer-verwante items word ten toon gestel. Mission-straat 2, George – +27(0)44 801 8202

BESOEK DIE VOORBAAI-STOOMTREININSTANDHOUDINGSDEPOT
Ervaar hoe stroomlokomotiewe in stand gehou word. Vir ‘n gidsgeleide toer skakel – +27(0)44 604 6280.

REISGELD

REISGELD – 1 April 2007 – 31 Maart 2008

Volwassene Kind 6-16 jaar oud
Van Tot Enkel Retoer Enkel Retoer
George Grootbrak R85.00 R100.00 R50.00 R60.00
Hartenbos R85.00 R100.00 R50.00 R60.00
Mosselbaai R85.00 R100.00 R50.00 R60.00
Mosselbaai Hartenbos
(onderhewig aan sitplekke beskikbaar: geen vooraf-bespreking op die skof Hartenbos – Mosselbaai)
R50.00 R60.00 R20.00 R30.00
Grootbrak R85.00 R100.00 R50.00 R60.00
George R85.00 R100.00 R50.00 R60.00
  • Korting Toeroperateurs : 10 % Kommissie
  • Toerleiers & -gids reis gratis.

    REISGELD: SKOOLGROEPE – 1 April 2007 – 31 Maart 2008

    3-16 jaar oud Ouer as 16 – jonger as 18
    Van Tot Enkel Retoer Enkel Retoer
    George Grootbrak R45.00 R50.00 R60.00 R70.00
    Hartenbos R45.00 R50.00 R60.00 R70.00
    Mosselbaai R45.00 R50.00 R60.00 R70.00