Mosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.
Goue strande en kristalhelder Indiese Oseaan baai in sonskyn, die Outeniquaberge groen-pers in die agtergrond, die ideale weer -Mosselbaai is die perfekte bestemming vir u besoek.
Mosselbaai is ‘n pragtige kusdorp, beskut geleë langs die Tuinroete in die Wes-Kaap. Die dorp het ‘n hartlike, plattelandse atmosfeer waar nie net toeriste welkom is nie, maar ook gesinne en kinders, enkellopendes en paartjies, rugsak- en toergroepreisigers.
‘n Egte, tipiese Suid-Afrikaanse kusdorp. Een waar u met reg kan ontspan. Een waar u gou by ons leuse van “Geen Haas, Geen Kommer” kan inskakel. Een waar u kan:
SPEEL
- Avonture, natuurreservate & die buiteluglewe
- Strande, strande en nogmaals strande
- Gholf & sport (ons is sportmal in Suid-Afrika)
- Kultuur, kuns & museums
- Inkopies
WERK
- Konferensies
- Korporatiewe wegbreekbestemmings
- Beleggingsmoontlikhede
- Lekgotlas (dis die Afrika-manier – vergaderings waar almal gehoor word)
EETPLEKKE
- Gesinsrestaurante
- Elegante eetplekke
- Wegneemetes en kitskos
SLAAPPLEKKE
- Hotelle, gastehuise, gasteplase & bed-en-ontbytverblyf
- Selfsorghuise & -woonstelle
- Wildplase
- Woonwaens, kampeerplekke & rugsakreisigersfasiliteite
Mosselbaai.
Geen Haas. Geen Kommer.















Loading...