Mosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.
Ons werk hard en ons werk slim in Mosselbaai – wat ons by ons lewenstyl van “Geen Haas, Geen Kommer” laat inpas
Met ‘n groeiende ekonomie het ons dorp die ideale moontlikhede met uitstekende opbrengste vir die kieskeurige belegger. Die regte infrastruktuur, geleenthede en inwoners maak van Mosselbaai die ideale dorp vir permanente vestiging. Die uitstekende ligging langs die N2 nasionale hoofweg en presies halfpad tussen Kaapstad en Port Elizabeth, asook lae misdaadsyfers dra tot die gewildheid van die dorp by.
- Konferensies & Korporatiewe Wegkomplekke
Baie van ons hotelle en oorde het goed toegeruste en moderne konferensiefasiliteite. Die Dias-museum en ander soortgelyke fasiliteite bied onbeperkte geleenthede vir konferensies, bekendstellings en gebeure… - Munisipaliteit
Mosselbaai se goed bestuurde munisipaliteit is beleggersvriendelik en doeltreffend – en die gesonde langtermynbeleid sluit in befondsing vir die dinamiese Mosselbaai Toerismemaatskappy (‘n Artikel 21, nie-winsgewende organisasie). - Belegging
Mosselbaai bied uitsonderlike beleggingsgeleenthede – in eiendom, nywerhede en besighede. Vir verdere inligting kontak asseblief die Munisipaliteit Mosselbaai of ‘n eiendomsagent op ons lededatabasis…















Loading...