Mosselbaai
Geen Haas. Geen Kommer.


Eenvoudig gestel: Ons beskik oor alles wat nodig is om geslaagde konferensies aan te bied. Lokale met konferensiefasiliteite vir soveel as 1 800 kongresgangers – of so min as 6 kongresgangers – is beskikbaar.

Die ander bydraende maar baie belangrike faktor wat Mosselbaai die perfekte keuse maak, is die uitstekende ligging van die dorp halfpad tussen Kaapstad (grootste stad in die Wes-Kaap) en Port Elizabeth (grootste stad in die Oos Kaap).

  • Om hier te kom:
    Mosselbaai word bedien deur die George-lughawe (40 km vanaf die middedorp) en deur die N2 nasionale hoofpad
  • Om daar te kom:
    Die meeste konferensiefasiliteite is binne kort afstande van die middedorp geleë. ‘n Aantal professionele passasiersvervoerdienste is tot u beskikking om die fasiliteite te bereik.
  • Verblyf:
    Mosselbaai het ‘n groot verskeidenheid akkommodasiefasiliteite – luukse hotelle, gastehuise en hostelle.
  • Vermaak en spanbou:
    Van konserte, selfs in ons waardige Dias Maritieme Museum, tot uiterste buitelugsportaktiwiteite