Mossel Bay.
Do stuff


Mosselbaai bergfietsresies trek groot name

Wednesday, September 8th, 2010

Mediavrystelling: 7 September 2010. Mosselbaai Toerisme

Mosselbaai bergfietsresies trek groot name

Twee van Suid-Afrika se voorste bergfietsryers gaan in hierdie jaar se Eight Bells Enduro, wat hierdie Saterdag by Ruiterbos begin en in die Outeniekwa-bergreeks 20km buite Mosselbaai plaasvind, deelneem.

Johannes Bisschoff, een van die Gromos Bergfietsklub se resiesorganiseerders, het vandag bevestig dat Suid-Afrika se huidige manskampioen Kevin Evans, en Ischen Stopforth – wie hierdie jaar se Trans-Baviaans met spanmaat Lise Olivier gewen het – aan die resies wat nou in sy derde bestaansjaar is, gaan deelneem.

Die Eight Bells Enduro is met Fietsry Suid-Afrika geregistreer en is die vierde been van die Suid-Kaap Enduro-reeks – wat ryers moet klaarmaak om Suidwesterlike Distrikte-kleure te verdien en is ‘n kwalifiserende resies vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

Mnr. Bisschoff sê die resies word baie gewild as gevolg van die roete – wat via Friemersheim, Pine Grove, en die ‘Big Dipper’ gaan – se mooi natuurskoon.

Hy benadruk egter dat die resies vir alle klasse van fietsryers ontwerp is en nie net vir die superfikses nie. “Dit sluit ‘n 15km-resies deur omliggende plase in terwyl die 35- en 65km-roetes vir ernstige fietsryers meer as genoeg avontuur bied,’ sê hy.

Kontantpryse sal aan podiumwenners uitgedeel word terwyl die eerste 200 ryers wat klaarmaak ‘n spesiale vlekvryestaal bergfiets-medalje ontvang, en gelukkige trekkings is ook gereël.

“Die Eight Bells Enduro sal by die vier-ster Eight Bells Mountain Inn plaasvind. Die kombinasie van opwindende resies en mooi omgewing is in baie maniere ook presies verteenwoordigend van dit waaroor Mosselbaai gaan,” sê Mosselbaai Toerisme bemarkingsdirekteur Anthony Doherty.

“Eight Bells is een van die oudste en gewildste akkommodasie-plekke in die Suid-Kaap, is in asemrowende natuurskoon geleë, en bied heelwat attraksies en avonture – wat ses verskillende staproetes, rolbal, tennis en selfs donkiekarritte vir die kinders insluit.

“Dit gaan werklik ‘n opwindende geleentheid vir die hele gesin wees – en ek sien verseker na die avontuur, en om my fiksheidvlak  te toets, uit,” sê Doherty.

Mnr. Bishoff sê dat Mosselbaai ‘n baie belangrike fietsrybestemming is: “Jy hoef net te kyk hoeveel voertuie wat van buite die dorp met fietse op die agterkant hier aanland. Binnelandse mense veral weet dat daar baie sorgelose pad- en bergfietsryery in die area geniet kan word.”

Die Eight Bells Enduro begin om 08h00 op Saterdag 11 September by die Eight Bells Mountain Inn, Ruiterbos. Registrasie open om 06h30 en sluit om 07h30. Inskrywings kan op die internet gemaak word by http://onlines.co.za/8bells/.

Die Hotel bied 25% afslag aan deelnemers en hulle families wat vir die naweek wil bly – en die restaurant en stortfasiliteite sal op die dag vir fietsryers beskikbaar wees.

Meer inligting:
Eight Bells Enduro – Johannes Bisschoff: 082 416 5069
Eight Bells Mountain Inn – 044 631 0000 of www.eightbells.co.za
Mosselbaai – www.visitmosselbay.co.za

EINDE

Tags: , , , , , , , , , , , , , , , , ,



Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.