Latest News

Sussex CC Season Opening Party...
Friday, August 27th, 2010

Mossel Bay
No Hurry. No Worries


Mosselbaai Burgemeester prys nuwe Britse Ope Kampioen

Monday, July 19th, 2010

Mediavrystelling: 19 Julie 2010. Mosselbaai Toerisme

Mosselbaai Burgemeester prys nuwe Britse Ope Kampioen

Mosselbaai vier die prestasies van een van sy mees bekende inwoners nadat plaaslike gholfspeler Louis Oosthuizen hierdie naweek sy eerste groot gholfkampioenskap, die Britse Ope, verower het.

Die 27-jarige het die titel met ‘n telling van 272 verower – ‘n dominerende 16-onder-baansyfer, sewe-hou-oorwinning oor Engeland se Lee Westwood (9-onder, 279) en derdeplekhouers Rory McIlroy (Noord-Ierland) en Henrik Stenson (Swede), wie beide ‘n 8-onder telling van 280 behaal het.

Die 2010 Ope – wat Donderdag begin en ongeveer 19.30 Suid-Afrikaanse tyd gisteraand (Sondag, 18 Julie) klaargemaak het – was die 150ste keer aangebied. Dit was ook die 28ste keer dat die toernooi op die 72-baansyfer, 7,305-tree Old Course in St Andrews plaasgevind het.

Mnr. Oosthuizen se uitslag plaas hom net een hou onder die rekord vir die grootste wen in die moderne era van die Britse Ope: Tiger Woods se 8-hou meesterstuk op St Andrews tien jaar gelede.

Mnr. Oosthuizen, wie die Wêreld Junior-kampioenskappe in 2002 gewen het, en ‘n lid van die Suid-Afrikaanse span was wat die Wêreld Amateur Span-kampioenskappe in dieselfde jaar gewen het, het in 2002 op die ouderdom van 19 professioneel begin speel. Hy het sedertdien die Suid-Afrikaanse PGA-Kampioenskappe op twee geleenthede gewen, en speel nou die Europese Toer – waarin hy sy eerste oorwinning by die Andalusiese Ope in Spanje vroeër vanjaar behaal het.

“Louis se wen het vanoggend aan almal in Mosselbaai ‘n goeie skoot vrolikheid gegee,” sê Mosselbaai Toerisme se Marcia Holm. “Dit plaas hom in dieselfde klas as Tiger Woods, James Braid, Bobby Jones, Sam Snead, Bobby Locke, Jack Nicklaus, Seve Ballesteros en Nick Faldo, wie almal al op die Ou Baan gewen het. Ons glo egter  dat Louis ‘n enorme voordeel het aangesien hy van Mosselbaai afkomstig is waar sy tuisbaan die Mosselbaai Gholfklub is – waar jy, soos hulle sê ‘die see van elke bof kan sien’ (‘you can see the sea from every tee’).”

Me. Holm sê dat Mnr. Oosthuizen se vertoning onskatbare waarde vir Mosselbaai het aangesien die kommentators wat die Ope gedek het vir drie dae oor en oor van Mosselbaai Gholfklub gepraat het – en nou weet die hele gholfgemeenskap van die dorp.

“Hiervoor is ons Louis groot dank verskuldig,” sê sy.

Bertu Nel, uitvoerende direkteur van die Mosselbaai Gholfklub, sê die atmosfeer by die klub was elektries. “Ons het ons grootskerm opgestel, almal was daar, en dit was uitroepinge van geluk en ‘high-fives’ oor en oor.

“Ons kan nie uiting gee aan hoe trots ons op Louis is en wat hy vermag het nie – en ons telefone het nog nie vanoggend opgehou lui nie. Almal is ongelooflik opgewonde en gelukkig.”

Mosselbaai se besturende burgemeester, Marie Ferreira, was gister ekstaties.

“Baie geluk, Louis – jou wen plaas jou in die klas van die grootste gholfers in vandag se wêreld. Ons is trots op jou.”

NOTA: Stem vir Mosselbaai as Suid-Afrika se Dorp van die Jaar 2010. SMS Mosselbaai na 33157 voor 12h00 op 30 Julie 2010.

EINDIG 491 WOORDE

Tags:



Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.