Mossel Bay.
Do stuff
Mosselbaai neem drastiese stappe om Choo-Tjoe te red
Friday, September 10th, 2010Mediavrystelling. Mosselbaai Toerisme. 10 September 2010
Mosselbaai neem drastiese stappe om Choo-Tjoe te red
Die Mosselbaaise gemeenskap het oorgegaan in aksie om te probeer om die Outeniekwa Choo-Tjoe te red, nadat die toemaak van die diens verlede maand aangekondig is.
Dit volg op ‘n vergadering tussen Transnet, Mosselbaai Toerisme se raad, verteenwoordigers van die Mosselbaaise Munisipaliteit, en plaaslike hotelbestuurders.
Die vergadering is beroep sodat Transnet kon verduidelik wat die prosedures en redes vir die besluit was om die diens – wat op die George-Mosselbaailyn geloop het sedert vloede in 2006 die George-Knysnalyn toegemaak het – te staak.
“By ’n daaropvolgende vergadering, wat later in die middag plaasgevind het, was daar besluit om ‘n dringende vergadering met die waarnemende hoof-uitvoerende beampte van Transnet (Edms.) Bpk., Mnr. Chris Wells, te beroep,” sê Mosselbaai Toerisme voorsitter van die raad Neels Zietsman.
Hy sê dat, voordat die besluit om die diens toe te maak, Transnet twee tenders vir die bedryf van die Choo-Tjoe oorweeg het, maar dat nie een aan die maatskappy se vereistes om dit as ‘n lopende besigheid te bedryf kon voldoen nie.
“Een van die tenderaars, Classic Rail Preservation (Edms.)Bpk., het intussen aangebied om die Choo-Tjoe op die lyn tussen Mosselbaai-stasie en Hartenbos – as ‘n toeriste-attraksie en trein vir pendelaars – te bedryf en al die partye teenwoordig het die voorstel onvoorwaardelik ondersteun,” sê Mnr. Zietsman.
Mosselbaai se burgemeester Me. Marie Ferreira sê dat “Die onlangse aankondiging dat Transnet sy bedryf van die Outeniekwa Choo-Tjoe tussen Mosselbaai en George op 17 September gaan staak, het as ‘n groot teleurstelling gekom en is ‘n saak van groot bekommernis vir die Raad, die Munisipaliteit, en die Mosselbaaise gemeenskap – nie net oor die historiese waarde van die trein nie maar ook oor die negatiewe impak wat die staking van die diens op die plaaslike ekonomie sal hê.
“Ek het geen twyfel dat, vanuit Transnet se oogpunt, die besluit goed oorweeg was nie, en dat dit gebaseer was op beide ekonomiese lewensvatbaarheid in sy huidige vorm, asook dat die maatskappy op sy hoofbesigheid van vragvervoer wil fokus.
“Maar, terwyl ek die besluit ten volle respekteer, wil ek nogtans vertoë aan die maatskappy rig om die uitfasering van die diens oor ‘n langer tydperk te strek, om met die einde van die huidige toerisme-seisoen wat einde April 2011 eindig, ooreen te stem.
“Baie internasionale toeroperateurs, onbewus dat die diens binnekort staak, het die Outeniekwa Choo-Tjoe reeds in hul pakette vir hierdie seisoen ingesluit. Hierdie periode sluit die vakansieseisoen aan die einde van die jaar in wanneer duisende vakansiegangers – en daarom potensiële kliënte van die Choo-Tjoe – na die gebied toe stroom.” Mnr. Zietsman sê dat so ‘n reëling die nodige ekstra tyd sal koop waarin ander planne gemaak kan word, en dat Classic Rail ander belangstellende partye genooi het om saam met hom in die voorgestelde projek te deel, wat, hy sê, die potensiaal het om Mosselbaai se grootste attraksie te word, en om ‘n daadwerklike bydrae tot die plaaslike ekonomie te maak.
“Dit sal Mosselbaai as ‘n moet-sienbestemming vir toeroperateurs posisioneer,” sê hy.
“Dit gee ook spesifieke aandag aan die staat se vereistes vir swart ekonomiese bemagtiging, en sal verskeie uitdagings wat die dorp in die gesig staar oplos – soos om werksgeleenthede te skep, en selfs die groeiende probeem van verkeersophoping wat gedurende die somervakansie plaasvind,” sê hy.
Hy sê ook dat die venster van geleentheid klein is, en dat vinnige aksie nodig is.
“Ons moet alles moontlik doen om te verseker dat die stoomtreindiens behoue bly – nie net vir Mosselbaai nie, maar ook vir die land as ‘n geheel.”
EINDE
Tags: Mosselbaai Toerisme, outeniqua choo tjoe, stoomtrein, stoomtreindiens
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.
















Loading...
Download our Self Catering Brochure
View our Self Catering Members