Latest News

Sussex CC Season Opening Party...
Friday, August 27th, 2010

Mossel Bay
No Hurry. No Worries


Mosselbaai Toerisme loods werwingsveldtog om lede vanuit die sake-sektor te werfMosselbaai Toerisme loods werwingsveldtog om lede vanuit die sake-sektor te werf

Friday, February 26th, 2010

Persverklaring. 25 Februarie 2010. Mosselbaai Toerisme

Mosselbaai Toerisme het ‘n veldtog geloods om nuwe lede van uit die dorp se sake-sektor te werf.

Marcia Holm, die Uitvoerende Hoof van Mosselbaai Toerisme, sê die 2010 FIFA Wereld-Beker Toernooi toon duidelik die verwantskap wat daar bestaan tussen toerisme en feitlik alle ander sektore van die ekonomie. In hierdie geval is sokker die dryfveer maar dit is toerisme se taak om te verseker dat die aanhangers die wedstryde op die regte tyd en plek sal kan bywoon.

”Dit is dus indirek aan Toerisme te danke dat die Regering gedurende die laaste ses jaar etlike nuwe sportstadions gebou het; bestaandes opgradeer het en ‘n infrastruktuur geskep het waaroor daar vroeër net gedroom kon word. Hierdie werkskeppingsprojekte en sakegeleenthede strek oor ‘n bree spektrum van die ekonomie, vanaf nuwe toetreders tot die arbeidersmark tot hoogs gespesialiseerde professionele kundiges. Baie van diesulkes is egter nie eens bewus daarvan dat die nuwe geleenthede aan toerisme te danke is nie, of selfs van die groot rol wat hulle gespeel het in die bevordering van toerisme nie”.

“Daar sou egter geen aansporing of rede gewees het om hierdie projekte in rekordtyd af te handel as dit nie was vir die sokker toeriste of ‘aanhangers / fans’, wat van reg oor die wereld na Suid Afika gaan reis om die die wedstryde in die onderskeie gasheer dorpe en stede by te woon nie”.

Mev Holm het voorts gesê dat voormelde beginsel ook op mikro vlak vir Mosselbaai geld: “toerisme raak elkeen wat hier in Mosselbaai woon en werk; elke besigheid of sakepraktyk word direk of indirek geraak deur die stand van die dorp se toerisme industrie”. Sy het die belangrikheid van toerisme beklemtoon, veral in die Wes Kaap, wat spog met die hoogste persentasie van gegradeerde hotelle van alle provinsies in Suid Afrika.

“Toerisme se invloed op Provinsiale vlak van die ekonomie is net so belangrik; dit is insiggewend om daarop te let dat die Wes Kaap spog met 30% van alle hotelle op die Nasionale Graderings Raad se register. Daarteenoor het Gauteng, wat allerwee beskou word as die rykste streek, slegs 25% van dié hotelle, en KwaZulu Natal, wat die grootste toerisme begroting het, net 11% van alle gegradeerde hotelle het.”

Mosselbaai se hotelle, gaste huise, B&Bs, self-sorg bedrywe en toeriste bestemmings word goed ondersteun deur ‘n wye verskeidenheid van besighede en ondernemings wat insluit vulstasies, banke, die regspraktyk, mediese praktisyns, hospitale, asook ondersteuningsdienste wat strek van die ingenieurs-bedryf tot loodgieters. “Daar is dus geen onderneming in Mosselbaai wat kan sê dat hulle nie deur toerisme bevoordeel word nie”, het Mev Holm gesê. “Selfs die Munisipaliteit baat by toerisme aangesien ‘n beduidende persentasie van die eiendomsbelasting en ander inkomste wat ge-in word, uit toerisme voortspruit”.

“Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om ‘n vriendelike uitnodiging te rig aan alle besighede en ondernemings,groot en klein, in Mosselbaai, wat nog nie lede is nie en dus nie die voordele van lidmaadskap geniet nie, om as lede van Mosselbaai Toerisme aan te sluit. Benewens die voordele wat lidmaadskap bied, gee dit lede die geleentheid om aktief betrokke te raak by die organisasie se aktiwiteite en kan hulle ‘n aandeel hê in die volgehoue ekonomiese vooruitgang van ons geliefde dorp,” het sy gesê .

Mev Holm het gemeld dat Mnr Neels Zietsman, Voorsitter van Mosselbaai Toerisme, ‘n goeie voorbeeld is van ‘n sakeman wat begrip het vir die hegte band wat daar tussen toerisme en die sakegemeenskap bestaan.

In die verband het Mnr Zietsman gesê, “ofskoon ek as konsultant by Pam Golding Eiendomme betrokke is, en die eiendomsbedryf normaalweg nie gesien word as deel van hoofstroom toerisme nie – word my eie sake-sukses nietemin regstreeks beinvloed deur die stand van toerisme, landswyd, maar veral hier in Mosselbaai”.

“As die toerisme bedryf in Mosselbaai floreer, is dit besig in die eiendomsbedryf – ongelukkig is die teenoorgestelde ook waar”.

“Om die rede is dit in eie belang van elke sakepersoon in Mosselbaai om daarna te streef dat toerisme in ons dorp bevorder word sodat almal ‘n snytjie van die koek kan kry”.

Vir sover dit die ledegeld van Mosselbaai Toerisme betref, het Mev Holm gesê dat ledegeld besonder laag is en dat dit nie die doel van die werwingsveldtog is om fondse aan te vul nie.

Sy het gesê “Die grootste gedeelte van Mosselbaai Toerisme se inkomste word ontvang as ‘n skenking van die Munisipaliteit en as sulks verteenwoordig lidmaadskapbydraes slegs ‘n klein persentasie van ons bedryfs- en bemarkings begrotings.

“Hierdie werwingsveldtog is dus hoofsaaklik daarop gerig om ‘n wyer spektrum van die sakesektor in te sluit by die een sektor van die ekonomie wat almal van ons die raak, naamlik toerisme.”

Vir nadere besonderhede, kontak asseblief membership@visitmosselbay.co.za, of skakel 044 691 2202.

EINDIG 797 WOORDE

Tags: , ,



Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.