Category: Live Performance Afrikaans is Groot @ Hartenbos

Afrikaans is Groot @ Hartenbos


December 22, 2023

Afrikaans is Groot Hou Groot Fees in Hartenbos, maak gereed vir 'n groot vakansiefees hierdie Desember, want die gewilde Afrikaans is Groot-span is terug met 'n skitterende aanbod van musiek en vermaak vir die hele gesin. Na 'n onvergeetlike fees in Hartenbos einde 2022, is die Afrikaans is Groot Produksie span verheug om die fees hierdie jaar weer aan te bied.

Die GrootFees is 'n geleentheid vir vakansiegangers in die Tuinroete om saam met hul gunsteling sangers 'n onvergeetlike familie-dag te beleef. Dit beloof 'n ongekende konsertervaring met groot kunstenaars op die verhoog en 'n verskeidenheid kosstalletjies en vermaak vir die jongspan. Hierdie konserte sal 'n indrukwekkende gorep van kunstenaars insluit, wat Demi Lee Moore, Riaan Benade, Riana Nel, Brendan Peyper, Ruhan du Toit, Corlea, Bobby van Jaarsveld, en Die Kontrak Seisoen 3 wenner insluit.

 

Kontak: Delmaine

Tel: 044-6017200

 

Kaap De Goede Hoop Avenue
Hartenbos
Western Cape 6500
South Africa
044 601 7200

More information

View full calendar

× How can we help you?