Category: Live Performance Crescendo Auditions @ The Towns House

Crescendo Auditions @ The Towns House


July 1, 2023

Aandag - Oudisies!! !! #tuinroete!
ATKV-Crescendo bied jaarliks 'n mentor program met top industrie mense vir 25 finaliste van dwarsoor die land waaruit tien gekies word om verder te gaan met nog slypskole, mentorskap en optredes asook potensiële opnames. Ek het die voorreg om in die Tuinroete hierdie lekker geleentheid te bring en kies vyf finaliste uit die verskillende oudisies wat outomaties deurgaan vir die eerste 25 en hulle word, "all expenses paid", genooi vir die eeeste uitdunrondte, mentorskap en Slypskool van vyf dae in 2024. Die moeite werd en almal welkom, jy is nooit te oud nie!
Hierdie gebeur by The Town House Mossel Bay as deel van die maandelikse #IconicArtSplash van 3 Junie en 1 Julie.

Details:
Bring Afrikaanse liedere uit jou eie pen en maak asb 'n tyd Vas met my via whatsapp vir een van die twee datums waarna jy ook moet kommunikeer as jy laat is of dit nie kan maak nie. Bring jou eie instrument en een of twee liedere om mee te oudisie. Daar is ligte klank wat een mic en een jack asook foon of stokkies kan vat vir tracks.
Kom deel jou stem en maak jou drome waar, want Crescendo Is waar legendes gebore word!
ATKV-Crescendo Mokka/Mocca TEO Oer Moer/Primal Culture

Kontak: Petronel Baard
Sel: 082 737 8416 (whatsapp)

Market street
Mossel Bay, Western Cape 6500
0829549235

View full calendar

× How can we help you?