ADAM TAS @ Reed Valley

Starts in

December 23, 2020 6:30 pm / 8:00 pm

ReedValley

R327

002744 698 1022

Sy negende ateljee-vrystelling, bou voort op die wenresep waarvoor hy bekendheid verwerf het, en is ’n album vol stories, hartsmusiek en humor. “SIT KÊRELS is lekker lywig, met ’n paar snitte meer as gewoonlik. Dit kombineer verskeie genres, soos Rock ’n Roll en Blues, maar daar is ’n Folk-aanslag waarvan ek baie hou,” vertel die sanger. “Ou vriende is mense wat my laat tuis voel en dit is ook die sentiment wat ek met luisteraars wil deel wanneer hulle na my musiek luister.”

Alhoewel hy nie gunstelinge wil uitsonder nie, erken hy dat Die Here Se Koms besonders is en hom na aan die hart lê, en dat die liedjie wat hy vir sy oorlede ma geskryf het, hom nostalgies laat.

SIT KÊRELS is beslis ’n moet vir elke musiekliefhebber se versameling, ongeag of jou voorkeur is vir kuier of ernstig wees. Die kombinasie van betekenisvolle lirieke, besonderse melodieë en sy uitsonderlike stem, is net die regte bestanddele vir ’n album wat oor tien jaar steeds ’n gunsteling gaan wees. Adam Tas het die ongelooflike vermoë om mense met sy musiek saam te snoer, sy emosies eerstehands te laat ervaar en ‘n gevoel van rustigheid te skep… soos net ’n goeie ou vriend, met wie jy beoog om nog ’n lang pad te stap, kan!

Kom sit saam by ReedValley

Koste – R180.00 per persoon

Kontak Nommer – 044 698 1022