Canibeat Produksies

0027782458681

December 15, 2020

7:00 pm / 10:00 pm

Venue

LightHouse Assembly of God


Sampson Street, Extension 23, Mossel Bay, 6500

Canibeat Productions se produksie waartydens die room van plaaslike talent te siene sal wees, gaan voort. Die geleentheid vind op 15 Desember om 19:00 by die Lighthouse Assemblies of God Kerk in Uitbreiding 13 plaas. Tydens die produksie sal verskeie kunstenaars optree.  

Canibeat se oogmerk is om plaaslike talent te ontwikkel deur ‘n platform vir optredes te skep waar jonges hulle vaardighede ten toon kan stel en kan afrond. Die organisasie het vanjaar ook daarin geslaag om ‘n borgskap van die Garden Route Casino se gemeenskapstrust te ontvang, maar hulle aanvanklike planne vir optredes is deur die Covid-19-pandemie in die wiele gery.

Koste – Toegang is R30 vir volwassens en R20 vir kinders.

Vir meer inligting, kontak Adrian – 078 245 8681

× How can we help you?