CHARL DU PLESSIS TRIO by Dias Museum

Starts in

November 24, 2020 6:00 pm / 8:00 pm

Dias Museum

0027832683718

 Die Mosselbaai Kunstevereniging is verheug om die lankverwagte, Charl du Plessis Trio-konsert, Imagine, aan te kondig. Die oorsprong van elke nuwe musiekskepping deur die Charl du Plessis Trio is danksy ‘n samevloeiing van besondere talent en ryk verbeelding. 

Met hierdie konsert bied die trio gunstelinge van Mozart, Verdi, Beethoven en Wagner – in gewaagde teksture, opwindende ritmes en uitloklike harmonieë. Om The Sunday Independent se kommentaar oor die konsert aan te haal: “…disciplined in approach, careful in execution and mindful of their delivery.”

Die trio se vennootskap bestaan al vir 14 jaar en het tot vele toekennings, opnames en internasionale konserttoere gelei. Imagine is ‘n opwindende konsert wat meesterlike musiek insluit – van klassiek tot John Lennon. Moet dit nie misloop nie.

Dit vind om 19:30 op Saterdag, 24 November in die Dias Museum plaas. Deure open om 18:00. Kaartjies, teen R150 per persoon of R130 vir lede van die Kunstevereniging, is gedurende die week tussen 09:00 en 14:00 by die Espresso Spot in die Dias Museum beskikbaar.

Vir meer inligting, kontak Abé Meintjes (083 268 3718). Weens Covid-19 is sitplekke streng beperk en slegs per bespreking beskikbaar.