Herbertsdale Paasfeesbasaar

0027828826826

April 16, 2022

10:00 am / 1:00 pm

Venue

NG Kerksaal Herbertsdale


Herbertsdale

Die gewilde Herbertsdale Paasfeesbasaar vind op Saterdag, 16 April vanaf 10:00 by die NG-kerksaal op Herbertsdale plaas en besoekers word genooi om ‘n basaar met ‘n ware plaas-atmosfeer te kom geniet.

Verskeie groot tente gaan opgeslaan word om die massas plaasprodukte, soos onder meer vleisprodukte en verskeie groentes aan basaargangers ten toon te stel om te koop.

Kaartgeriewe sal by die vleistent, asook in die kerksaal beskikbaar wees.

Die lekker eetgoed waarna basaargangers kan uitsien sluit braaivleis, afval, koeke, pannekoek, vetkoek en nog vele meer in.

Daar word ook na die jeug se behoeftes omgesien met ‘n spesiale tent net vir hulle.

Vir enige navrae kan ds Hennie Stander (082 882 6826) gekontak word.

× How can we help you?