Silhoeët by die Dias Museum

August 27, 2021 6:00 pm / 8:00 pm

Dias Museum

Coffee Snobs, die gewilde sangpaar is terug by ArtSpace met ‘n nuwe prag-vertoning.Silhoeët beloof om ‘n genotvolle musiekaand te wees wanneer die gehoor op ‘n reis deur die geliefde treffers van Laurika Rauch geneem word.

Die Coffee Snobs word deur die musikante Johan Engelbrecht en Franco Engelbrecht bygestaan. Treffers soos Nostalgiese Reis, Vier Seisoene, Bloubergstrand, Stille Waters, Die Mense op die Bus en Kinders van die Wind is op die spyskaart.

As gevolg van Covid-19-regulasies is sitplekke beperk tot ‘n maksimum van 50 en vroegtydige bespreking is noodsaaklik. Dit vind op Vrydag, 27 Augustus by die Dias Museum om 19:30 plaas.

Deure open om 18:00. Bespreek by Abé Meintjes per WhatsApp of skakel 083 268 3718.

Let asseblief op dat die dra van maskers en sosiale afstand verpligtend is. Kaartjies is beskikbaar teen R150.

× How can we help you?