Valentyne & Vaksines @ Monroe Teater

February 13, 2021 5:30 pm / 8:00 pm

Monroe Theatre

Marsh Street, Mossel Bay, South Africa

0824159588

Die Monroe Teater bied aan: Valentyne & Vaksine

Want lekker lag, bly die beste medisyne!

Ramptoestand of te nie, die Monroe Teater bied ‘n gesellige aand van komedie aan – in die opelug! Kom kuier saam met ons, gemasker en ontsmet en al klop ons harte warm vir jou, hou ons ons afstand. Bêre jou drukkies vir later, dit loop glo rente en kom geniet ‘n ontspanne aand in die geselskap van humorverteller, Cornelle Carstens se vele komiese gedaantes.

Koste – R180 per persoon – piekniekmandjies ingesluit.
Tyd – 17:30 vir 18:00
Besprekings by 082 415 9588