VRYHEIDSDAG-ETE MET DANIE REËNWOLF by The BOMA @ ReedValley

April 27, 2021 12:30 am / 1:30 pm

The Boma @ ReedValley

Herberstdale Road

Deure open om 12h30 | Middagete bedien om 13h00 | Vertoning begin om 14h00
 
Danie du Doit, of Danie Reënwolf, soos sy Spoegwolf volgelinge hom ken, kom kuier dié Vryheidsdag by THE BOMA , ons opelug woud restaurant – hier kan jy lekker sit met jou voete in die sand. Hy gaan sing vanuit sy digbundel ‘Warmer voor die tuimeldroër’ wat laas jaar bekengestel is, en vir ons die staaltjies vertel agter die stories.
 
Dit gaan gepaard met ‘n heerlike Boma middagete, gemaak op die kole, soos dit hoort!
 
Twee en vierman tafels beskikbaar om te bespreek – indien u vir additionele gaste wil bespreek of spesiale reëlings wil tref stuur asb ‘n e-pos na ben@reedvalley.com.
 
Koste – R280.00 per persoon
Kontak Nommer – 044 698 1022
× How can we help you?